Suikervry is die eerste selfhelpboek wat in Suid-Afrika geskryf is om mense met n suiker- en koolhidraat-verslawing te help om dit te bowe te kom. Dit is deur Karen Thomson en Kerry Hammerton met die steun van die dieetkundige Tamzyn Campbell geskryf, en daar is n voorwoord deur prof. Tim Noakes. Dit staan eetgewoontes met min koolhidrate en meer vet voor. Dit is die enigste beskikbare boek wat die emosionele en gedragspatrone van n suiker- en koolhidraat-verslaafde aanspreek. Vir baie mense is dit nie genoeg dat hulle bloot weet wat om te eet nie. Suikervry spreek di saak aan. Bo en behalwe n program van agt weke lank, bevat Suikervry ook persoonlike verhale van verslawing, maaltydprogramme en resepte sonder suiker.
Suikervry